Verwelkom Avontuur Afrika, ‘n nuwe, opwindende en diverse platform wat beide Afrikaanse en Engelse drukweergawes insluit, asook ‘n sterk digitale platform vir kampeer- en landreisentoesiaste om saam te kuier en te gesels.
Avontuur Afrika
WELKOM
BREINKRAG
Jy vra – ons antwoord
Briewe van ons lesers
Protea Koffie
Hulp aan wildehonde
Jimny-produksie kry ‘n hupstoot
‘n Nuwe vlagskip vir Land Rover
Mooi loop, Kingsley!
Goeters & geite
Kook in ‘n kits
Bewaring in aksie - die Karingani storie • Avontuur- en reisfilmmaker, Alti Fouché, sluit aan by ‘n aksie-belaaide reis na Mosambiek waar sy ‘n bewaringsbeheerkamer sien wat geskik is vir ‘n spioenasiefliek en besef dat ses mense nie naastenby genoeg is om ’n olifant om te stoot nie…
Reis deur die provinsie van uiterstes • Die uitgestrekte, woestynagtige Noord-Kaap is die grootste en mees uitgespreide provinsie in Suid-Afrika en spog met verlate landskappe en interessante klein dorpies, ryk in geskiedenis en kultuur. Aslam Mxolisi Tawana van Black Boy Adventures het onlangs saam met Stephen Mogapi, sameroeper van die groep avonturiers wat hulself die Meerkat Squad SA noem, deur hierdie provinsie van uiterstes getoer.
Nissan Patrol se 70ste herdenking: Na Goerapan en terug • Ek staan in 44 grade Celsius hitte op die songebakte Goerapan, omring deur 109 stowwerige Nissan Patrols. Dit is hul 70ste verjaardagpartytjie en ons is na die fees genooi. Met die sleutels van Nissan se nuutste V8-aangedrewe vlagskip-model in ons hande, pas ons netjies in…
Die 6x6
Sewe dae, sewe stede… 'n duisend glimlaggies • Anton Willemse Jr sluit by die jaarlikse Kia Seven7 Drive, ‘n reis wat oor sewe dae en sewe stede strek om hoop aan kankerlyers te bring, aan.
Meer oor Cupcakes of Hope
Die Luangwa-driekuns - altyd 'n wenner • As Zambië ‘n safari-bestemming by uitstek het, moet dit die Luangwa-vallei in die suidelike punt van die Groot Skeurvallei wees. Die drie nasionale parke – Suid-Luangwa, Noord-Luangwa en Luambe – wat hiér geleë is, is ‘n magneet vir wild wanneer die rivier tussen Junie en Oktober opdroog.
Hoe ry die avonturiers, sit-sit so! • Vir Botswana inwoner Anelda Swartz lyk die wêreld beter deur die ore van ‘n perd. Sy vertel van ‘n groep van agt vroue ruiters wat tydens vrouemaand ‘n epiese tog van bykans 300km op Bots se stofpaaie in agt dae afgelê het, ten bate van verskeie welsynsorganisasies.
Ruiters se indrukke
Vir die mense en diere van Bots
Pretoriuskop - oud, maar nog nie koud! • In die vorige uitgawe het Anton en Natasha Schutte vertel van die ryk geskiedenis in die omgewing van Pretoriuskop. Hierdie ruskamp is egter nie net bekend vir sy geskiedenis nie en is sonder twyfel een van die gewildste bestemmings vir seisoenale kampeerders, of ‘n ideale naweek wegbreek uit die stad.
Reik na die wolke • Lesotho het nie verniet die naam “die Bergkoninkryk” gekry nie. Byna twee derdes van die land bestaan uit berge met kruine wat wissel tussen 2 200 en 3 000 meter hoog. Dit beteken passe in oorvloed. Trygve Roberts van Mountain Passes South Africa verken een van sy gunstelinge, die Motengpas.
Mooie mpumalanga • Elkeen van Suid-Afrika se nege provinsies spog met asemrowende natuurskoon en veral Mpumalanga is bekend vir panoramiese uitsigte en prentjiemooi landskappe. Gelukkig vir kampliefhebbers is daar verskeie kampeerterreine wat aan ‘n wye verskeidenheid behoeftes voldoen. Rikus Truter van Lekker Kampplekke deel sy gunstelinge met ons.
Ontmoet die pragtige Gaboenadder • Die Gaboenadder is een van die mees kleurvolle en aantreklike slange in Afrika, maar is so gekamoefleer in hul natuurlike omgewing dat hulle selde raakgesien word. Alhoewel hierdie slang baie giftig is, byt dit selde, sê Johan...