ページ読み込み中のエラー。
ページを更新してください。 それでもうまくいかない場合、ネットワークの問題が考えられます。自己テストページ で、ページの読み込みができない理由を見つけることができます。
可能性のあるネットワークの問題をさらに調べるかまたはサポートに連絡して ヘルプを得てください。

Landbouweekblad

May 01 2025
雑誌

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Landbouweekblad

IN ’N BLIK

Stories wat in die landbou saak maak

STOF TOT NADENKE

‘Verdeeldheid het nie plek in ons samelewing’ • Met die handelsoorlog tussen Amerika en China en al die woelinge wat dit in internasionale graanmarkte veroorsaak, is eenheid in die plaaslike graanbedryf belangriker as ooit.

Die grootheid van die klein dinge

Briewe • POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com

Boere moet koes vir prospekteerpermitte

Polisie pootjie self veediefstal-ondersoeke • Vyf jaar ná die moord op Brendin Horner die kloof verdiep het tussen wetstoepassers en boere wat voortdurend onder veediefstal deurloop, is beloftes oor ’n taakmag dolleeg, en twee van sy vyf moordverdagtes steel volgens alle aanduidings steeds voort.

Rooivleisdilemma: Te veel vleis vir verarmende SA • Meer as 2 000 beeste was al sedert begin Maart op algehele uitverkopings te koop, want kommersiële beesboere in Limpopo gooi tou op omdat hulle net nie winsgewend kan boer nie.

‘Moenie vingers na Namibiese skaapboere wys’ • Die vinger word dikwels na Namibiese skaapboere gewys wanneer skaap- en lampryse in Suid-Afrika nie hoog genoeg vir die boere is nie. ’n Ondersoek deur drie onafhanklike landbou-ekonome toon egter dat die rede vir die swakker pryse wat soms voorkom, nie aan ’n enkele faktor, soos invoer, toegeskryf kan word nie.

Beoogde wysigings aan regulasies ‘absurd’ • Die voorgestelde wysigings aan regulasies vir Suid-Afrika se private sekuriteitsbedryf het ’n paar ernstige implikasies vir boere.

Biosekerheid by veilings strenger afgedwing • Ná vele uitbrekings van bek-en-klouseer die afgelope paar jaar het die landbouprodukteagenteraad (Apac) verdere regulasies en protokolle ontwikkel om boere én eindverbruikers beter teen gewetenlose en/of nalatige agente te beskerm.

Kans op ryp raak groter later in Mei • Die kans op die eerste swaar ryp voor middel Mei is skraal, hoewel die koue al plek-plek begin spiere bult, sê die landbouweerkundige Johan van den Berg.

‘Wees gereed vir beurtkrag dié winter’ • Boere moet voorbereid wees op moontlike beurtkrag in die winter, waarsku die sentrum vir risikobepaling in sy jongste kliënteverslag.

Koring: Nóg ’n moeilike winter kan voorlê • Koringboere in die winterreëngebied kan nóg ’n moeilike seisoen beleef, met weermodelle wat aandui dat reënvooruitsigte nie te goed lyk nie.

SA moet slim onderhandel om uitvoer na Amerika te behou • Onderhandelinge om toegewings by Amerika te kry sodat Suid-Afrikaanse landbouprodukte nie vanaf vroeg Julie aan ’n 30%-invoertarief onderhewig is nie, is dringend, en moet reg benader word.

Vleispryse aan boere toon opflikkering, maar ...

Beplan vir dié drie belastings by afsterwe • Mense is dikwels onbewus van die belastings wat by afsterwe ’n uitwerking op hul boedel sal hê, asook die gevolge wat dit kan inhou indien daar nie ordentlik daarvoor beplan en voorsiening gemaak is nie.

Hoenderbedryf tel kop op • Ná ’n paar terugslae herstel die pluimveebedryf. Voëlgriep bly egter ’n donker wolk en goedkoop hoendervleisinvoer wurg die plaaslike mark. Die plaaslike bedryf is immers die grootste kliënt van graanboere.

Die skuldwolf loop los • Meer as die helfte van Suid-Afrika se kommersiële landbouproduksie is in 2024 uitgevoer — en gesonde groeisyfers is behaal ondanks die vorige gebrekkige regering. Die groot vraag bly hoe die tariefhandelsoorlog dié syfers gaan beïnvloed.

Nuwe avokado kan oestyd verleng

Beeste op weiding het...

  • 出版社

  • 発行日

  • 頻度

  • ページ

  • フォーマット

  • 言語

フォーマット

  • OverDrive マガジン

言語

  • アフリカーンス語